23 November – Moed vir vandag
Het Ek jou nie beveel, ‘Wees dapper en sterk’ nie? Moenie paniekbevange wees nie en moet jou nie laat afskrik nie, want die Here jou God is by jou, oral waar jy gaan. - Josua 1:9 (AFR20)
God se teenwoordigheid gee moed vir elke dag. Toe Josua opdrag kry om die Jordaan oor te steek en die beloofde land te neem, het God hom herinner om nie bang te wees nie. Die opdrag hierbo om nie bang te wees nie, kom met 'n voorwaarde. God beveel hom in die vorige vers om Sy Woord daagliks te bedink en heeldag te prewel, met die doel om God se Woord nie te vergeet nie en om daarvolgens te wandel.
Wanneer ons gehoor gee aan God se Woord en daarvolgens lewe, dan kan ons weet die Here is by ons en met ons. Om God se teenwoordigheid en beskerming en bemoediging te kan geniet, moet ons naby aan Hom wandel en nie in ongehoorsaamheid teenoor Sy Woord nie.
Waar het jy moed nodig?