8 Mei – God se vrede is moontlik
“Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie. - Johannes 14:27 (AFR83)
God se vrede is nie afhanklik van omstandighede nie. Dit is ’n gawe wat Hy gee. Dit is 'n geskenk wat ons ontvang wanneer ons naby aan Hom wandel.
Party mense sukkel om in vrede te lewe. Vrede met hulself en met die mense om hulle en selfs vrede met God. Wanneer ons nie in vrede lewe nie, dan is ons lewens baie omstuimig en deurmekaar en uitputtend.
Hoe lyk jou "vrede-meter" op die oomblik?