1 min read

8 Junie – Moeg maar volhardend

8 Junie – Moeg maar volhardend
Maar wie op die Here wag, herwin hulle krag; hulle kry nuwe vere soos arende. Hulle hardloop, maar raak nie afgemat nie, hulle loop, maar word nie moeg nie. - Jesaja 40:31 (AFR20)

God belowe vir ons dat as ons op Hom wag, ons nuwe krag sal ontvang. Dit beteken dat ek moet volhard en nie opgee nie. Wanneer ek volhard, dan doen ek dit met die vertroue dat God vir my gaan nuwe krag gee. Partykeer is ons op 'n stadium in ons werk waar ons baie moeg is - ons sien nie dadelik vrug nie en weet nie wat die pad vorentoe inhou nie, maar ons weet ons moet volhard met die werk wat voor ons is en vertrou dat die Here vir ons nuwe krag gaan gee.

Waar het jy vanoggend nuwe krag nodig?