1 min read

8 Julie – Gemeenskap vra geduld

Verdra mekaar en, as enigiemand 'n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar. Soos die Here julle vergewe het, so moet julle ook vergewe. - Kolossense 3:13 (AFR20)
8 Julie – Gemeenskap vra geduld
Verdra mekaar en, as enigiemand 'n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar. Soos die Here julle vergewe het, so moet julle ook vergewe. - Kolossense 3:13 (AFR20)

Mense maak foute. Gemeenskap vra verdraagsaamheid en vergifnis. Hoe baie van ons probleme in die Kerk sal nie opgelos word as ons meer verdraagsaamheid en vergifnis toe pas nie?

Hierdie is altyd 'n lekker vers om na te verwys omdat hierdie een van die "opdrag" verse is wat ons as gelowiges kry wanneer dit kom by vergifnis. Om nie te vergewe nie is sonde. Dood eenvoudig. Tog worstel so baie mense met onvergifnis.

Indien dit iets is waarmee jy worstel, dan vra ek dat die Here jou sal help om gehoorsaam te wees teenoor Hom en om jou ook die krag te gee om te vergewe waar en wie jy moet vergewe.