8 Augustus – Vergelyking steel vreugde
Elkeen moet sy eie dade beoordeel. Dan sal hy trots kan wees slegs wat homself betref, en nie wat 'n ander persoon betref nie. - Galasiërs 6:4 (AFR20)
Elkeen moet sy eie dade beoordeel. Dan sal hy trots kan wees slegs wat homself betref, en nie wat 'n ander persoon betref nie. - Galasiërs 6:4 (AFR20)
Wanneer ons onsself met ander vergelyk, dan steel dit ons vreugde. Dit beroof ons van dankbaarheid. In die teks hierbo verwys na die wat sterk staan of sterk is en ander se laste help dra. Dan word hulle gewaarsku om nie te veel van hulself te dink nie en nie om hul vermoëns of hoe goed of sterk hulle is, met ander te vergelyk nie, maar eerder hulself te evalueer.
Ons is geneig om onsself met ander te vergelyk in die werksplek, in ons vriendskappe en verhoudings en in ons belangstellings. Om met ander te vergelyk is nutteloos want ons is nie dieselfde as hulle nie of in dieselfde boodjie nie. Ons kan net onsself evalueer en vra of ons ons beste gee of nie en waar ons kan verbeter.
Moenie toelaat dat jou vreugde vandag gesteel word deur jouself met ander te vergelyk nie.