7 November – Wag met vertroue

7 November – Wag met vertroue
Wag op die Here! Wees sterk en hou moed, ja, wag op die Here! - Psalm 27:14 (AFR20)

Wagtye vorm ons geloof. God gebruik dit om ons te versterk en Hy gee ons nog meer geleentheid om doelbewus Hom te soek en om op Hom te vertrou. Dit is ook 'n geleentheid om ons lewe en omstandighede te bedink. Wanneer ons op die Here wag, moet ons nie die tyd mors nie, maar dit uitkoop.

Dit kan dalk nodig wees om gedurende sulke tye ook met 'n mentor of vriend te gesels oor wat jy beleef gedurende jou wagtye en dan mekaar te help slyp. Vriende moet mekaar slyp... Anders is dit maar oppervlakkige vriendskap.