1 min read

7 Mei - Angs in die kop

7 Mei - Angs in die kop
Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. - Filippense 4:6–7 (AFR83)

Moet oor niks besorgd wees nie... Paulus gee vir gelowiges 'n opdrag hier wat soveel gelowiges dikwels die toets dop. Wanneer ons oor allerlei dinge besorgd is, dan raak ons angstig en wanneer ons angstig is kan ons nie helder dink nie.

Wees versigtig waaroor jy jouself kommer of waaroor jy besorgd raak - veral as dit kom by dinge wat niks met jou te doen het nie. Dit is maklik om besorgd te raak oor goed wat buite ons beheer is en dit toe te laat om ons op te vreet en om ons gedagtes te heers.

Dan is daar ook die opdrag om alles wat ons pla en op ons gedagtes is, alles wat ons wel oor besorgd is aan die Here oor te laat deur gebed. Wanneer ons dit doen, dan ontvang ons vrede van die Here af. Nie vrede want ons gaan kry wat ons voor bid nie, maar vrede want dit is in die Here se hande en maak nie saak wat die uitkoms is nie - die uitkoms is Sy hand en ons moet onsself daarmee berus.

Gee jou sorge vir die Here vanoggend en bid en lê dit voor Sy voete neer en dan LOS jy dit by Sy voete.