7 Junie – Gewone werk, heilige doel
Of julle dan eet of drink of enigiets anders doen, doen alles tot eer van God. - 1 Korintiërs 10:31 (AFR20)
Alles wat ons doen, moet ons doen tot eer van die Here. Wanneer dit kom by ons werk mag ons dalk dink dat ons werk maar net dood gewoon is en daar is niks besonders daaroor nie. Dalk voel jy dat jou werk nie veel waarde het nie of dat jy nie veel betekenis lewer nie. Jou werk is jou geleentheid om dit aan te pak tot eer van die Here. Wanneer jy jou werk reg doen, hard werk, die ekstra myl gaan en elke geleentheid gebruik om die Here daarmee te eer - dan word dit 'n heilige doel.
Maak 'n lysie vir jouself oor hoe jy by die werk eer kan bring aan die Here met die dood eenvoudigste take.