7 Julie – Saam groei ons
Hy, Christus, is die Hoof uit wie die hele liggaam, harmonieus saamgevoeg en saamgebind, deur die ondersteuning van elke gewrig, volgens die werking van elke deel afsonderlik, die groei van die liggaam bewerk tot sy eie opbou in liefde. - Efesiërs 4:16 (AFR20)

Die Here gebruik die liggaam wat saam werk, om die groei van die liggaam te bewerkstellig. Wanneer ons alkeen ons deel doen en ons bydrae lewer tot die liggaam van Christus, dan vind daar groei plaas.
Saam, groei ons. Saam ondersteun ons mekaar. Saam beskerm ons mekaar. Saam kyk ons uit vir mekaar en leer mekaar. Saam dien ons die Here.