7 Augustus – Dankbaarheid bring rus
Loof die Here, o my siel,en moenie enige van sy weldade vergeet nie. - Psalm 103:2 (AFR20)
Loof die Here, o my siel,en moenie enige van sy weldade vergeet nie. - Psalm 103:2 (AFR20)
Dawid het gedurig die Here geloof en prys – sy lofliedere partykeer vanuit 'n posisie van angs, maar die groter prentjie wat ons altyd kry is 'n prentjie van vreugde.
Wanneer ons die Here loof, dan is dit vanuit 'n posisie van vreugde. Wanneer ons onsself herinner aan die Here se weldade - dan bring dit vir ons vreugde, dankbaarheid wat lei na rus. Ons vergeet partykeer wat die Here vir ons al gedoen het en dan kyk ons vorentoe en ons raak ontmoedig of angstig oor wat vir ons voor lê, maar wanneer ons terug kyk en herinner word aan die Here se goedheid, getrouheid en hoe Hy vir ons sorg - dan bring dit vir ons rustigheid vir die pad vorentoe.