6 November – Hoop te midde van onsekerheid

6 November – Hoop te midde van onsekerheid
“Ja, Ek ken die planne wat Ek vir julle het,” is die uitspraak van die Here. “Dit is planne van voorspoed, en nie teenspoed nie, om aan julle 'n toekoms en hoop te gee.” - Jeremia 29:11 (AFR20)

God se planne is groter as ons vrae. Ons hoop groei wanneer ons op Hom vertrou. Dit is nie maklik om kop te hou wanneer daar soveel onsekerheid is nie, maar dit word stadigaan makliker. Waar beleef jy onsekerheid vandag, waarop moet jy geduldig hoop en vertrou?