1 min read

6 Junie – God by die werk

6 Junie – God by die werk
As die Here die huis nie bou nie, swoeg die bouers tevergeefs daaraan. As die Here oor die stad nie wag hou nie, bly die wagte tevergeefs wakker. - Psalm 127:1 (AFR20)

Wanneer God nie deel is van ons werk nie, raak dit leeg. Hy wil saam met ons werk en bou. Ons kan dag en nag hard werk, maar as ons nie die Here betrek by ons werk en Hom eer met ons werk nie - dan is dit alles tevergeefs. Ek het nie net die Here nodig nie, maar ek moet die Here verteenwoordig in hoe ek my werk doen en hoe ek myself gedra by die werk. Wanneer ek verkeerd optreë dan doen ek nie net my getuienis skade nie, maar ek plaas my werk ook in gedrang.