6 Julie – Liefde maak ruimte
Daarom, aanvaar mekaar, soos Christus julle ook aanvaar het, tot eer van God. - Romeine 15:7 (AFR20)
Ons almal het nie dieselfde sienings en idees in die Kerk nie. Ons gaan ook nie met almal altyd oor die weg kom nie. Dit is onafwentbaar dat ons dalk koppe ook gaan stamp met mekaar binne in die Kerk, maar ten spyte van hierdie probleme wat dalk mag op duik, word ons opdrag gegee om mekaar te aanvaar.
Die verse voor hierdie praat oor eengesindheid in die gemeente en dat ons as Kerk nie saam God kan loof en prys as ons nie uit een mond Hom kan eer nie. Dit behels dat die wat sterker in die geloof is, die swakhede van ander moet verdra. Dit behels dat die wat sien waar ander tekort kom, hulle help en aanmoedig. Wanneer ons Jesus se liefde binne in ons het en dit is die hoof dryfkrag agter ons optrede, dan gaan ons anders na mense in die Kerk kyk en anderste optreë ook.
Liefde en aanvaarding en verdraagsaamheid beteken nie dat ons sonde duld nie, maar dit beteken dat ons moet onderskeid tref tussen wat is "deal breakers" tussen mekaar in die gemeente en om sag op te treë teenoor mense, soos Jesus opgetreë het.
Hoe sal jy jouself evalueër volgens Romeine 15:1-7? Lees dit biddend deur op jou eie tyd...