6 Augustus – Vreugde wat nie afhanklik is nie
Dit het Ek vir julle gesê, sodat my blydskap in julle kan wees, en julle blydskap volkome kan wees. - Johannes 15:11 (AFR20)
Wanneer ons Jesus gehoorsaam en in Sy liefde bly, dan sal ons liefde vir mekaar hê en dit bring vreugde. Die vreugde wat ons beleef is nie afhanklik van ander nie - dit is 'n vreugde wat van God af kom wanneer ons in Hom bly.
Dus, hoe nader ons aan Hom wandel - hoe meer vreugde het ons in ons lewens. Wanneer ons vreugde afhang van die mense of dinge om ons - dan kom en gaan ons vreugde. Dit is afhanklik van iets of iemand. Wanneer ons vreugde spruit vanuit 'n gewortelde geloof - dan is dit konstant en onuitputbaar.