10 September – Klein gewoontes, groot invloed

Wie in die geringste betroubaar is, is ook betroubaar waar dit om baie gaan, en wie in die geringste oneerlik is, is ook oneerlik waar dit om baie gaan. - Lukas 16:10 (AFR20)

 Klein, getroue gewoontes vorm ons karakter. God gebruik dit om ons te laat groei. As ons meer invloed en verantwoordelikheid wil hê, dan moet ons betroubaar wees in die klein dinge sonder om daarop neer te kyk of te dink dit maak nie saak nie.

Hierdie is een van die dinge wat ek die laaste ruk baie mee uit gedaag word en die Here is definitief besig om my karakter te vorm!

P.S. Ek was vir 'n paar dae weg op 'n werk-trip en kon nie by my rekenaar in die aande uit kom nie. Ek het verskoning gemaak op die WhatsApp groep om verwagting bestuur te doen, maar 'n intekenaar het my attent gemaak daarop dat ek die e-pos afdeling nie in kennis gestel het nie. Ek vra om verskoning 😄 Toemaar, ek is weer op my pos!