1 min read

5 Mei - Verstandelik Nugter

5 Mei - Verstandelik Nugter
[13] Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus. [14] As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie. [15] Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. [16] Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig.” - 1 Petrus 1:13-16

Ons gedagtes en innerlike word gevorm deur wat ons dit mee voer van buite af. Die Here verwag dat ons heilig moet lewe en dat ons ons verstand wakker en nugter sal wees. Daar is partykeer goed in ons lewens wat ons verhoed om n nugter verstand te hê wat ons toelaat om makliker foute te maak en om te sondig.

Wat is daar tans in jou lewe wat jou verhoed om n nugter verstand te handhaaf?