5 Julie – Dien sonder erkenning
Maar wanneer jy liefdadigheid beoefen, moet jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie, sodat jou liefdesdaad verborge kan bly. En jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.” - Matteus 6:3–4 (AFR20)
Maar wanneer jy liefdadigheid beoefen, moet jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie, sodat jou liefdesdaad verborge kan bly. En jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon. - Matteus 6:3–4 (AFR20)
Wanneer ons diensbaar is, of ander om ons dien - moet ons dit doen sonder om erkenning te soek. Dit beteken dat ons dit vir onsself hou en nie afwys vir die wêreld nie, want ons dien om God te behaag en om ander te help. Wanneer ek dien en erkenning soek, dan is die motief verkeerd en gaan dit nie oor om ander te help nie, maar om self goed te lyk.
Dien jy volgens hierdie beginsel?