5 Augustus – Dankbaarheid in moeilike tye
Wees in alle omstandighede dankbaar; want dit is God se wil vir julle in •Christus Jesus. - 1 Tessalonisense 5:18 (AFR20)
... wees in alle omstandighede dankbaar; want dit is God se wil vir julle in Christus Jesus. - 1 Tessalonisense 5:18 (AFR20)
Dankbaarheid is nie ontkenning van 'n pynlike situasie nie, maar ’n keuse om God se goedheid raak te sien. Wanneer ons kies om die goedheid van die Here raak te sien in ons omstandighede, dan help dit ons om meer dankbaar te wees. Dankbaarheid is nie iets wat ek voel en voor "lus" raak en dan gebeur dit nie. Dit is 'n opdrag hier, wat beteken dit is binne ons vermoë om die kop-skuif te maak indien nodig.
Is daar 'n situasie waaraan jy kan dink waar jy nie dankbaar was nie? As jy terug dink aan daardie situasie, waarop kon jy fokus om eerder meer dankbaar te wees in daardie omstandighede?