1 min read

4 Junie – Wanneer werk swaar raak

4 Junie – Wanneer werk swaar raak
Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel. - Galasiërs 6:9 (AFR20)

Werk kan soms uitputtend voel. God roep ons egter om nie moed op te gee om goed te doen nie. Dit is moeilik om goed te doen en reg op te treë wanneer ons swaar trek by die werk. As dit wat van jou verwag word swaar voel en moeilik is, dan is ons gemoed en energie maar laag. Dit is juis wanneer ons moet deur druk en die Here vra om ons die krag te gee om aan te hou om goed te doen - te doen wat van ons verwag word.

Iewers sal ons die vrug daarvan plug, nie noodwendig dadelik nie, so ons moet nie moed op gee as ons nie dadelik resulte sien nie.