4 Julie – Verskillende gawes, een liggaam
Daar is 'n verskeidenheid genadegawes, maar dit is dieselfde Gees; en daar is 'n verskeidenheid dienste, maar dit is dieselfde Here; en daar is 'n verskeidenheid aktiwiteite, maar dit is dieselfde God wat al hierdie dinge in almal bewerk. - 1 Korintiërs 12:4–6 (AFR20)

Daar is verskillende gawes wat God aan gelowiges gee, sodat die liggaam gesond kan funksioneer. Elke bydrae wat 'n gelowige maak, maak saak. Dit bou die liggaam op en stel dit in staat om Sy doel te bevorder.
Party van ons is baie seker oor wat ons gawes is. Party van ons is dalk weer onseker en voel ons het nie regtig 'n gawe nie. Dit is normaal om so te voel of om onseker te wees. Net omdat my gawe nie so prominent is as iemand anders sin nie, maak dit nie minder belangrik nie.
Wat is jou gawes? Indien jy onseker is, vra jouself af: waarmee is jy goed, of wat kan jy doen om iemand anders mee te help of te dien? Fokus daarop en gebruik dit tot eer van die Here.