4 Augustus – Genoeg is genoeg
Wat wel 'n groot wins is, is godvresendheid wat met tevredenheid gepaardgaan. - 1 Timoteus 6:6 (AFR20)
Ware rykdom lê nie in om meer te hê nie, maar in ’n lewe van godsvrug en tevredenheid. Dit is die groot wins. Dit bou 'n lewe wat geanker is in God se Woord, 'n lewe wat nie so ontstuimig is nie en 'n lewe wat vir jou vreugde bring ongeag wat oor jou pad kom.
Om God te vrees en tevrede te wees is bou blokke vir 'n gesonde en sterk geloof en lewenspad. Hoe dink jy sal jou lewe lyk as jy nie Godvresendheid en tevredenheid het nie?