1 min read

31 Mei - Vrede van bo, vrede vir my

Hoe ons optreë in verskeie omstandighede en met mense te doen het, wys of ons daardie bonatuurlike vrede binne in ons het of nie.
31 Mei - Vrede van bo, vrede vir my
En die vrede van God, wat alle begrip oortref, sal in •Christus Jesus oor julle harte en gedagtes waak. - Filippense 4:7 (AFR20)

Hierdie is vir my een van die grootste geskenke wat God vir ons gee as kinders van die Here - 'n bonatuurlike vrede in ons harte en gedagtes wat alle verstand te bowe gaan. Wanneer die wêreld om ons deurmekaar is en dinge skeef loop, dan kan ons met vrede lewe en met vrede reageer, omdat ons in die Here se hande is en ons weet hierdie lewe is net tydelik. Hoe ons optreë in verskeie omstandighede en met mense te doen het, wys of ons daardie bonatuurlike vrede binne in ons het of nie.

Het jy vanoggend vrede in jou lewe? Vrede in jou hart, jou gemoed en in jou denke? Dit maak nie saak wat verkeerd is in jou lewe nie of waaroor jy tans bekommerd of bang is nie - as jy vrede kort kom, bid dan en vra die Here om vir jou vrede te gee. Bid en vra vir Sy vrede om waak te hou oor jou en gee oor aan Hom dit wat vanoggend jou van jou vrede beroof.