1 min read

31 Julie – Gebed vir ons gemeenskap

31 Julie – Gebed vir ons gemeenskap
sodat •Christus deur die geloof in julle harte mag woon, terwyl julle in die liefde gewortel en gegrond is, sodat julle volledig in staat mag wees om saam met al die •heiliges tot die besef te kom van die breedte en die lengte en die hoogte en die diepte, ja, om die liefde van Christus te leer ken, wat alle begrip te bowe gaan, sodat julle gevul mag word met al die volheid van God. - Efesiërs 3:17–19 (AFR20)

Ons moet in liefde gewortel wees, sodat ons saam met die gemeenskap van gelowiges kan leer en besef hoe groot die liefde van Jesus Christus is. Wanneer ons saam in liefde wandel, dan kry ons meer en meer 'n besef van God se liefde werklik is. God se liefde bind ons almal saam en laat ons groei in ons verhouding met God en met mekaar.

Gebed: Here, laat U liefde in ons woon en laat U liefde ons gemeenskap versterk. Amen.