1 min read

30 Mei - Pla jou gewete jou darem nog?

As jou gewetens jou nou en dan pla oor iets, dan is dit 'n goeie ding wat dit beteken dat jy steeds die Waarheid in jou het ...
30 Mei - Pla jou gewete jou darem nog?
Kinders, ons moenie net met woorde, met die tong, liefhê nie, maar met die daad, in waarheid. En hieraan sal ons weet dat ons uit die waarheid kom, en met 'n geruste gewete voor God kan staan: Wanneer ons gewete ons veroordeel, God is groter as ons gewete en Hy weet alles. Geliefdes, as ons gewete ons nie veroordeel nie, kan ons met vrymoedigheid voor God staan. - 1 Johannes 3:18-21 (AFR20)

As die Waarheid in ons is, dan sal ons rustig voor God kan staan met die wete dat ons deur Jesus Christus geregverdig is voor die Vader.

Ons gewete is daar om ons te waarsku wanneer ons verkeerd doen. Die Heilige Gees lei ons en waarsku ons, maar ons moet gehoor gee daaraan. As ons nie luister vir die Heilige Gees nie, dan maak ons ons gewete stomp. As jou gewetens jou nou en dan pla oor iets, dan is dit 'n goeie ding wat dit beteken dat jy steeds die Waarheid in jou het en weet wat jy moet doen en daarvolgens moet jy optree. Wanneer jou gewete rustig is, dan kan jy dankbaar wees en met vrymoedigheid voor die Vader staan.