1 min read

30 Junie – Gebed vir my roeping

Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. - Efesiërs 2:10 (AFR20)
30 Junie – Gebed vir my roeping
Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. - Efesiërs 2:10 (AFR20)

God het ons geskape vir goeie werk. Ons roeping lê dus in Sy hande, dit waarvoor Hy ons gemaak het. Ons almal is gemaak om Hom te doen, Sy Lig te laat skyn in hierdie wêreld en om die talente wat Hy ons gegee het tot eer van Sy Naam te gebruik.

Of ons nou speel, rus of werk - ons is gemaak vir goeie dade. Dus moet ons nie ons werk sien as net iets wat ons moet doen om aan die lewe te bly nie, maar as 'n area waar ek geroep is om goeie dade te doen. Goeie dade as Christus se verteenwoordiger - of dit nou iets is om iemand te help, die extra myl te gaan by die werk of om 'n lig te wees vir die mense om my in 'n moeilike werk-situasie. Gebruik elke geleentheid om goed te doen.