30 Julie – Dien tot God se eer
As goeie bestuurders van die veelvoudige genade van God, moet julle mekaar bedien, in ooreenstemming met die genadegawe wat elkeen ontvang het: As iemand aan die woord is, laat dit soos woorde van God wees; as iemand dien, laat dit wees vanuit die krag wat God voorsien, sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus •Christus, aan wie die heerlikheid en die krag behoort, vir ewig en ewig. •Amen. - 1 Petrus 4:10–11 (AFR20)
Ons dien met gawes wat God gee, sodat Hy verheerlik word. Ons dien met die krag wat God gee, sodat Hy verheerlik kan word. Maak nie saak waar of hoe ons dien nie, wanneer ons mekaar bedien, dan dien ons tot God se eer deur Jesus Christus.
Om te dien is nie net "iets wat van my verwag word nie" - dis nie net 'n takie wat verrig moet word nie. Dit is 'n kern deel van ons geloof - om mekaar te dien sodat God verheerlik kan word en ons Sy Naam groot kan maak. Dit is iets wat automaties gebeur vanuit ons verhouding met Jesus Christus. Ons dien omdat ons gered is en onsself nie kan help nie. Ons dien nie sodat ons gered kan word nie.
As jy God op 'n manier wil eer: dien.
Gebed: Here, help my om my gawes tot U eer te gebruik. Amen.