3 September – Volhard wanneer dit moeilik is

Gelukkig is die man wat versoeking deurstaan, want as hy die toets slaag, sal hy die oorwinningskrans van die lewe ontvang, wat God beloof het aan hulle wat Hom liefhet. - Jakobus 1:12 (AFR20)

Volharding word gebore in beproewing. God gebruik moeilike tye om ons geloof te versterk. Dit is nie asof ons opgewonde raak wanneer ons versoek word nie - maar na die tyd is daar 'n oomblik van blydskap omdat ons dit deur gemaak het.

Wanneer jy deur moeilike dinge gaan, moet nie mismoedig word nie. Herinner jou daaraan dat dit 'n geleenheid van groei is, ongeag hoe groot of klein. Vra die Here om jou te vorm gedurende die moeilike tyd en staan vas in geloof.

Hou jou oë na bo en byt vas, jy is nie alleen nie. God is by jou en Sy Heilige Gees is binne in jou - bly net standvastig in die Here.