3 Junie - Getrou in klein dinge
“Wie in die kleinste dinge betroubaar is, is ook in die groot dinge betroubaar; en wie in die kleinste dinge oneerlik is, is ook in groot dinge oneerlik. - Lukas 16:10 (AFR20)
Hierdie teks is baie populêr om aan te haal wanneer dit kom by werk etiek. Die direkte konteks hou verband met getrou wees met die klein dinge in die koninkryk om met 'n groot koninkryk oes vertrou te word, maar die beginsel hier is universieël.
Jy kan nie verwag dat jy by die werk met meer toevertrou gaan word as jy nie die klein takies reg kry nie. Dit is net logies. Die uitdaging daarin lê by ons dat ons so moet werk dat ons onsself bewys dat ons getrou is. Eers dan sal ons met meer toevertrou word. Die Here verwag van ons om ons beste te gee, selfs in die klein dinge wat ons dalk gering sou skat.