3 Julie – Dra mekaar se laste
Dra mekaar se laste, en vervul so die wet van •Christus. - Galasiërs 6:2 (AFR20)
Ware geloofs-gemeenskap word ten toon gestel wanneer ons daar is om mekaar te help; om mekaar se laste te dra. Jesus het gesê moenie vir iemand sê wees warm, maar jy gee hom nie iets om warm aan te trek nie. Wanneer ons 'n mede-gelowige sien swaar kry, dan word Jesus se liefde en omgee sigbaar as ons mekaar ondersteun.
Almal dra een of ander las. Party s'n is sigbaar en ander weer weg gesteek. Ons moet sensitief wees om raak te kan sien wanneer ons mede-gelowige swaar kry en uitreik om hul by te staan. Die teendeel is ook weer dat as ons swaar kry of sukkel en iemand reik uit na ons toe om te help, dat ons hulle sal toelaat om te help en nie trots of skaam sal wees en die hulp van die hand wys nie.
Hoe kan jy vandag iemand help om hul las te dra?