3 Augustus – Tevredenheid word aangeleer
Ek sê dit nie omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om in alle omstandighede tevrede te wees. - Filippense 4:11 (AFR20)
Paulus het geleer om op God te vertrou en dit het gemaak dat hy leer om in alle omstandighede tevrede te wees. Tevredenheid is nie iets wat ons almal in dieselfde mate het nie, dit is iets wat ons aanleer. Ons almal gaan dit nie in die dieselfde mate ook ontvang of aanleer nie, maar wanneer ons die Here dien dan is dit een van die eienskappe wat moet groei in ons lewens namate ons die Here dien.