29 Junie – Vertrou God in my werk
Vertrou wat jy doen aan die Here toe, dan sal jou planne standhou. - Spreuke 16:3 (AFR20)
Vertrou wat jy doen aan die Here toe, dan sal jou planne standhou. - Spreuke 16:3 (AFR20)
Wanneer ons ons planne aan die Here op dra, dan kan ons rustig wees en weet dat ons planne in die Here se hande is en dat dit sal uit werk. Dit beteken nie noodwendig dat ons presies gaan kry wat ons beplan het nie, maar grootliks wanneer ons ons planna aan die Here op dra - dan doen ons dit met vertroue en afhanklikheid aan die Here. Dit beteken ook dat ons oop is om deur die Here gelei te word om die regte planne te maak.
Maak jou planne aan die Here bekend en gee dit oor aan Hom. Dan kan jy met rus en vrede voort gaan met die wete dat die Here deel is van die pad wat jy stap - jy pak dit nie alleen aan nie.