29 Julie – Hou mekaar vas
Broers, waak daarteen dat nie een van julle ooit 'n bose hart vol ongeloof kry deur van die lewende God afvallig te word nie. Maar spoor mekaar elke dag aan, solank daar nog van “vandag” sprake is, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie. - Hebreërs 3:12-13 (AFR20)
Wanneer ons alleen deur beproewings gaan of wanneer dinge oor ons pad kom en ons het nie iemand wat ons by staan of teen wie ons klankbord nie - dan is dit moontlik dat 'n mens jou hart kan verhard teenoor die Here deur woede of misnoë. Daar is baie mense daar buite wat kwaad is vir God weens een of ander insident, en die woede het hul hart verhard.
Die liggaam en gemeenskap van Christus is daar sodat ons mekaar kan vas hou en aanmoedig om nie te volhard in sonde nie. Nie te volhard in ons versetting teen die Heilige Gees nie. Ons het nodig om mekaar vas te hou op 'n daaglikse basis sodat ons kan uit kyk vir mekaar.
Dit is goed as jy daaglikse kontak het of samesyn het met ander gelowiges. Partykeer verg dit dat jy die foon op tel en iemand bel om net te gesels. Waar ookal jy jouself bevind, bewaar jou hart en kyk uit vir jou ander medegelowiges om jou ook en vra jouself af - wie kan jy vandag vas hou?