29 Augustus – Vreugde in God se teenwoordigheid

U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is. - Psalm 16:11 (AFR20)

29 Augustus – Vreugde in God se teenwoordigheid
U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is. - Psalm 16:11 (AFR20)

Ons vind vreugde in God se teenwoordigheid. By die Here is oorvloedige blydskap tot ons beskikking. As ons nie genoeg blydskap in ons lewens het nie, dan moet ons onsself af vra of ons in God se teenwordigheid lewe of nie. Dit beteken nie dat ons nie oomblike van hartseer of teleurstelling of frustrasie sal beleef nie, maar ons lewe behoort gekenmerk te wees deur blydskap.