28 September - Bly in Christus

28 September - Bly in Christus
Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot nie uit sy eie vrug kan dra as dit nie in die druiwestok bly nie, so julle ook nie as julle nie in My bly nie. - Johannes 15:4 (AFR20)

Om te kan groei is dit nodig om gewortel te wees in Jesus Christus. Sonder om in Hom te bly, kan ons nie verwag dat ons gaan groei nie.

Het jy al probeer om dit op jou eie reg te kry sonder om op die Here staat te maak?