28 Junie – Ek doen dit vir God
Probeer ek nou mense tevrede stel, of God? Of soek ek die guns van mense? As ek nog steeds mense se guns sou probeer wen, sou ek nie meer 'n dienskneg van Christus wees nie! - Galasiërs 1:10 (AFR20)
Probeer ek nou mense tevrede stel, of God? Of soek ek die guns van mense? As ek nog steeds mense se guns sou probeer wen, sou ek nie meer 'n dienskneg van Christus wees nie! - Galasiërs 1:10 (AFR20)
Ons leef nie om mense te behaag nie, maar om God te eer. Dit is op die ou einde net God wie se goedkeuring ons eintlik moet dra.
Hoe sou ons werk etikette lyk as ons dit doen om God te eer? Sou jou werk beter wees as hoe jy dit tans doen? Wanneer ons ons werk doen vir mense, dan kan dit ons vinnig teleurstel as die mense wie ons hoop om te beïndruk, nie reageer soos ons hoop nie - maar wanneer ons dit vir die Here doen, dan is ons meer gemotiveerd en ons het 'n beter gesindheid teenoor ons werk.