28 Julie – Saam getuig ons
“Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie. Mens steek ook nie 'n lamp op en sit dit onder 'n maatemmer nie, maar op 'n lampstaander, en so gee dit lig vir almal in die huis. “Laat julle lig só voor die mense skyn, sodat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, kan verheerlik.” - Matteus 5:14–16 (AFR20)
Skrif: Matteus 5:14–16 (AFR2020)
Ons getuienis is sterker wanneer ons saam leef wat ons glo. Een liggie kan mens in die verte sien en dit gee net soveel lig af, maar n stad sê ligte skyn baie vêr en maak baie meer lig.
Wanneer gelowiges saam staan en ons wys dat ons lewens weerspieël dit wat ons glo, dan het ons meer impak saam.
Vraag: Wat sien ander in julle gemeenskap?