28 Augustus – Dankbaarheid na beproewings
Die Here verstoot 'n mens nie vir altyd nie; as Hy beproewing oor 'n mens gebring het, ontferm Hy Hom weer, want sy liefde is groot: dit is teen sy sindat Hy mense in ellende en beproewing bring. - Klaagliedere 3:31–33 (AFR83)
Die Here verstoot 'n mens nie vir altyd nie; as Hy beproewing oor 'n mens gebring het, ontferm Hy Hom weer, want sy liefde is groot: dit is teen sy sin dat Hy mense in ellende en beproewing bring. - Klaagliedere 3:31–33 (AFR83)
Wanneer ons deur moeilike tye gaan, kan ons dankbaar wees daarvoor, want ons weet dat God ons nie alleen laat nie. Beproewings is daar om ons te help om te groei, om ons te versterk. Na die beproewings werp ons die vrug daarvan en God verlaat ons nooit nie. Dit is nie lekker om beproef te word nie - nog meer moeiliker om dankbaar te wees daarvoor... maar ons dankbaarheid vir God se teenwoordigheid, dit troef die beproewing. God se ontferming gee vir ons hoop.
Waar het jy vandag hoop nodig?