27 September – Volhard met hoop

27 September – Volhard met hoop
Mag die God van hoop julle deur julle geloof met alle blydskap en vrede vervul, sodat julle hoop oorvloedig kan word deur die krag van die Heilige Gees. - Romeine 15:13 (AFR20)

Ons hoop kom van die Here af, Hy gee dit vir ons in oorvloed. Christene het 'n tipe hoop wat niemand kan verduidelik sonder om God en Jesus deel te maak van die gesrpek nie. Ons Vader wil vir ons hoop in oorvloed gee deur die Heilige Gees. Dit bemoedig ons om te weet dat ons 'n Bron van krag het en dat ons kan volhard te midde van moeilike tye.

Wat is tans jou bron van hoop?