1 min read

29 Mei – Jy is wat jy dink

29 Mei – Jy is wat jy dink
Die denke van ons sondige aard loop uit op die dood, maar die denke van die Gees bring lewe en vrede. - Romeine 8:6 (AFR20)

Paulus skryf hier in Romeine 8 oor hoe iemand se lewe lyk wat deur die Heilige Gees beheer word. Wanneer ons denke van die sondige aard is, dan is dit vyandskap teen God (v. 7). Wanneer ons lewe volgens ons sondige aard is, dan is ons denke ook van 'n sondige aard. Dit wat ons leef en doen, is wat in ons gedagtes ook gereflekteer word.

Jy is wat jou gedagtes is. Hoe wonderlik is dit nie wanneer ons denke deur die Heilige Gees gevul is nie - dit laat ons 'n lewe van oorwinning, vryheid en vrede leef.