27 Mei - Hou my fokus reg
die oog gerig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, Hy wat ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig gestel is, die kruis verduur het, die skande daarvan gering geag het, en sy plek aan die regterkant van die troon van God ingeneem het. - Hebreërs 12:2 (AFR20)
Wanneer my fokus op Jesus is, dan word ander dinge in ons lewens minder oorweldigend. As my fokus reg is, dan het ek meer beheer oor wat ek toelaat om my aandag af te lei of nie. Dit is nie altyd maklik nie en ons dag tot dag program en alles wat ons moet aanpak kan maklik ons fokus weg hou van dit wat vir die Here belangrik is en wat vir die Koninkryk waarde bied.
Mag ons vanoggend herinner word om ons fokus te hou op die Here Jesus en dit wat vir Hom belangrik is.