1 min read

27 Junie – Werk as diens

Want ook die •Seun van die Mens het nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie.” - Markus 10:45 (AFR20)
27 Junie – Werk as diens
Want ook die •Seun van die Mens het nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie.” - Markus 10:45 (AFR20)

Lewe jy vir jouself of ander? Jesus, die Grootste en Heiligste persoon, ooit - het op die aarde geloop tussen die mens en nie gekom om gedien te word nie. Daar is niemand bo Hom wat meer waardig is om gedien te word nie, maar tog het Hy gekom om ander te dien en om Sy lewe vir ons te gee as prys vir ons sondes.

Ons is gemaak om mekaar te dien. Hoe jy jou werk aanpak word bepaal deur of jy jou werk as 'n manier sien om ander te dien of nie. Ons kan by die werk, in ons werk, of deur middel van ons werk ander dien. Daar is altyd 'n geleentheid om iemand te dien - al is dit om net vir hulle 'n koppie koffie te maak.

Sien jou werk as 'n geleentheid om te dien. Moet dit nie net sien as 'n "means to an end" nie, maar eerder 'n plek waar jy jouself beskikbaar maak vir die Here om te kan gebruik.