27 Julie – Gemeenskap en waarheid
maar dat ons eerder, terwyl ons in liefde aan die waarheid vashou, in alle opsigte na Hom toe sal groei. Hy, Christus, is die Hoof - Efesiërs 4:15 (AFR20)
Wanneer ons onsself met ander mense omring, dan is dit makliker om in die waarheid te wandel, want daar is mense om ons wat ons kan teregwys, ons kan leer wat die waarheid is en ons help om op koers te bly.
Dit is nie lekker as 'n mens dalk iewers iets verkeerd glo en iemand sê jy is verkeerd nie. Dit is hoekom dit baie belangrik is om met liefde mekaar te help om aan die waarhede van die Skrif vas te hou.
Elkeen glo wat hy glo, want hy glo dat dit wat hy glo reg is... totdat hy of iets anders hoor wat meer sin maak of totdat iemand hom korrigeer.
Uitdaging: Hoe leer jy iemand wat die waarheid is, in liefde?