27 Augustus – Tevredenheid in God se voorsiening
“Moet julle daarom nie bekommer en vra, ‘Wat sal ons eet?’ of ‘Wat sal ons drink?’ of ‘Wat sal ons aantrek?’ nie. Dit is immers alles dinge waarna die heidennasies soek...
“Moet julle daarom nie bekommer en vra, ‘Wat sal ons eet?’ of ‘Wat sal ons drink?’ of ‘Wat sal ons aantrek?’ nie. Dit is immers alles dinge waarna die heidennasies soek. Julle hemelse Vader weet tog wat julle alles nodig het. Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. - Matteus 6:31–33 (AFR20)
God belowe om vir ons te sorg wanneer ons Hom eerste soek. Dit beteken dat ons tevrede kan wees in die voorsiening van God solank ons Hom eerste plaas en Hom dien. Dit gee vir ons rus en vrede om te weet dat ons in Sy hande is en nie hoef te kommer nie.
Ek sal wel gou begin kommer as ek nie Hom dien en eerste plaas nie, want dan is my fokus op die verkeerde plek. Wanneer ek fokus op dit wat ewigheidswaarde het en die Koninkryk van God uitbrei, dan kan ek weet dat die res sal volg.