26 September – Groei deur beproewing

26 September – Groei deur beproewing
Jubel hieroor, al moes julle onlangs vir 'n kort tydjie deur allerhande beproewings bedroef word. Die doel was dat dit duidelik sou blyk dat die egtheid van julle geloof – 'n egtheid wat baie kosbaarder is as goud, wat verganklik is, maar nogtans met vuur getoets word – uitloop op lof en heerlikheid en eer wanneer Jesus Christus geopenbaar word. - 1 Petrus 1:6–7 (AFR20)

Beproewings help ons om geestelik te groei. Dit toets ons geloof en soos goud, word dit gelouter. Dit word gesuiwer. Wanneer ons beproef word dan wys dit of ons geloof eg is of nie en wanneer ons die toets deur staan dan bring ons eer aan die Here en ons Vader.

As jy 'n begeerte het om geestelik te groei, dan moet jy weet jy kan maar beproewings verwag om oor jou pad te kom!