26 Mei - Stem jou gedagtes en woorde ooreen?
Want in sy binneste maak hy somme; dit is hoe hy is. “Eet en drink!” sê hy vir jou, maar sy hart is nie by jou nie. - Spreuke 23:7 (AFR83)
Wat ons dink, het 'n impak op hoe ons leef en hoe ons ander hanteer. Dit help nie ons wens iemand voorspoed toe nie, of bied vir iemand iets aan nie, maar dan in ons binneste hou ons reken van elke aksie wat hulle neem nie.
Hierdie is 'n baie skerp vers, wat raak vat. Dit wat ons sê en doen, moet in ons binneste weerspieël word deur die gedagtes wat ons koester.
Is jy iemand wie se gedagtes dalk in teenstryd is met sy aksies of woorde? Ons kan nie op die regte pad loop en effektief bruikbaar wees deur die Here as ons gedagtes en dade nie ooreenstem nie.