1 min read

26 Junie – God se plan ontvou

Die hart van 'n mens beplan sy pad, maar die Here bepaal sy voetstappe. - Spreuke 16:9 (AFR20)
26 Junie – God se plan ontvou
Die hart van 'n mens beplan sy pad, maar die Here bepaal sy voetstappe. - Spreuke 16:9 (AFR20)

God se plan ontvou, of ons nou daarvan hou of nie. Partykeer moet ons op hou om teen prikkels se skop en aanvaar of besef dat die pad waarop ek loop tog van die Here af moet wees.

Hierdie is een vers wat die laaste paar maande vreeslik baie by my op kom in my persoonlike lewe. Dit spook amper by my, want waar ek gedink het ek oppad heen was en die pad wat my voete loop is nie dieselfde nie. Ek het gedink daar is dalk fout, hoekom draai die roete wat ek stap in 'n ander rigting in as wat ek geglo het dit moet? Ek moes besef en aanvaar dat die Here bepaal my voetstappe. Ek maak daagliks my planne of onsekerhede aan Hom bekend en dan bid ek en vra dat Hy my die regte pad moet laat loop. Die ironie is dat ek gedink het ek is op die verkeerde pad, maar ek moet glo en vertrou dat die Here se plan tog ontvou.

Ek weet nie wat jy vanoggend mee worstel of oor wonder nie - maar die Here weet. Moenie twyfel of jy op die regte pad is nie, bid eerder en maak jou planne of onsekerhede aan die Here bekend en vertrou Hom dat jou voete die regte pad sal vind. As dit op die pad bly wat dit nou is, dan moet jy ook aanvaar dis waar die Here jou nou wil hê en jy moet jou beste gee, ongeag.

Partykeer ontvou Sy plan vir ons in so 'n manier dat dit opwindend is - ander kere is dit dalk nie lekker of gemaklik nie... Nie ek nie Here, maar U wil.