26 Julie – Versorg mekaar
Daarom, bemoedig mekaar, en laat die een die ander in die geloof opbou, soos julle inderdaad doen. - 1 Tessalonisense 5:11 (AFR20)
Aanmoediging bou ander se geloof op en versterk die gemeenskap. In hierdie teks het dit spesifiek te doen met om mekaar te bemoedig sodat ons gereed sal wees vir Jesus se koms. Ons het die verantwoordelikheid om mekaar te versorg.
Ek het onlangs die geleentheid gehad om iemand te bemoedig op n plek waar ek dit glad nie verwag het nie. Ek is op n werk trip en loop iemand raak wat bietjie ontmoedig is oor hul besigheid. Ek begin bietjie deel vanuit my eie pad wat ek tans stap en ek deel hoe alles wat ek doen uit geloof is en hoe ek by die Here verantwoording moet doen en my beste moet gee. Die persoon draai toe uit bly om die draai van my en gaan na n ander gemeente in die area toe. Hy het meer verlig gevoel en gelyk na ons gesprek.
Ek het nie geweet of hy n kind van die Here is of nie, maar toe ek Jesus deel en hom bietjie wil bemoedig toe kom dit op die regte tyd. Wanneer ek terug by die huis is gaan ek hom op soek en weer gaan koffie drink. Hy het die bemoediging nodig en die feit dat ons dieselfde tipe pad stap bemoedig hom ook vreeslik. Dit was onverwags, maar die Here het daar n geleentheid gegee om n vreemdeling wie moontlik een van Sy kinders is, te bemoedig.
Wie kan jy vandag bemoedig?