25 September – Hou koers
Daarom, terwyl ons ook so 'n groot wolk getuies rondom ons het, laat ons van elke las ontslae raak, van die sonde wat ons so maklik omring, en die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop. - Hebreërs 12:1 (AFR20)
Om vol te hou met ons geestelike wedren verg fokus en volharding. Ons word aangemoedig om die wedloop te voltooi sodat ons eendag die ewige lewe saam met Jesus en ons Vader kan geniet.
Met enige wedloop moet jy oefen, leer om gefokus te bly deur sekere dinge te vermy sodat jy jou doel kan bereik. Ons moet onsself los maak van dit wat ons terug hou, sodat ons voluit die geestelike wedren kan hardloop - sodat ons geestelik fiks kan word, kan groei in kennis van die Woord en in ons verhouding met die Vader.
Wat vanoggend is besig om jou van koers af te trek?