1 min read

25 Mei - Los negatiewe patrone

25 Mei - Los negatiewe patrone
Dit weet ons: dat ons ou mens saam met Hom gekruisig is, sodat ons sondige bestaan tot niet gemaak kan word, en ons nie meer slawe van die sonde sal wees nie. - Romeine 6:6 (AFR20)

In Christus is ons vrygemaak van ou patrone. God nooi ons om 'n nuwe lewe te leef. Ons is nie meer slawe van ons ou lewe en patrone nie, want deur die Heilige Gees word ons nernuwe met 'n nuwe hart en 'n nuwe verstand. Die Here gee ons die krag om te breek met ons ou patrone, maar die onus lê op ons om daarmee te wil breek. Ons het 'n keuse, ons moet dit net uit oefen.