1 min read

25 Junie – Getrou tot die einde

25 Junie – Getrou tot die einde
Moenie vir enigiets wat jy nog gaan ly, bang wees nie. Kyk, die Duiwel gaan sommige van julle in die tronk laat gooi, sodat julle getoets kan word. Tien dae lank sal julle verdruk word. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal aan jou die oorwinnaarskrans van die lewe gee. - Openbaring 2:10 (AFR20)

Die gemeente in Smirna was gewaarsku dat daar vervolging en moeilike tyd vir hulle voorlê. Hulle wors bemoedig om nie toe te gee nie en te volhard tot die einde toe, selfs tot die dood toe. Dit is harde realiteit wat min Christene ken en wie van ons gelowiges in party lande tog ervaar.

Om getrou te wees en te volhard tot die einde toe is nie net van toepassing op vervolging nie, maar ook op ander areas van ons lewe.

Wanneer ons is waar die Here ons wil hê en ons gaan deur moeilike tye dan moet ons juis tot die einde toe volhard, want dit is in hierdie tye wat ons getoets en gevorm word en hoe ons dit hanteer gaan vir ander wys die Here wie ons dien en op wie ons Hoop gevestig is.